top of page







Ons skool se landloopatlete het hierdie seisoen met groot trots en deursettingsvermoë deelgeneem aan die verskillende ligawedstryde. Reeds vanaf Liga 1 het ons atlete uitstekende prestasies gelewer, met die meeste wat onder die Top 10 en Top 20 geëindig het. Verskeie leerders het verder deurgedring na die Inter-provinsiale byeenkoms in Parys en ’n groot groep is in die Lejweleputswa-span opgeneem. Lize van Biljon word gekies vir die Vrystaat Landloopspan waar sy ons skool by die SA Landloop Kampioenskappe in Middelburg verteenwoordig het. Sy het uitstekend gevaar en ons naam hoog gehou. Lize ontvang Volerekleure vir Landloop en 12 atlete ontvang halferekleure.
bottom of page