top of page
Namibia Dans.JPG

Hoërskool Hoopstad se dansers het hierdie jaar uitstekend gevaar. Tydens November 2024 se eksamens het daar 25 dansers deelgeneem, waar almal baie goeie resultate ontvang het.  Daar is ook 14 Dansers gekies om in Namibië deel te neem, as deel van die SA span, tydens die Maart vakansie. Hierdie 14 dansers kwalifiseer almal vir Erekleure met ‘n meriete wapen. Ons leerders is tans by 2 verskillende dansskole ingeskryf en neem dus deel as buite kultuur.

bottom of page