top of page
MPG_6142_edited.jpg

My Hoop. My Huis. My Hart.

Skoolwapen

Ons skool het sy nederige ontstaan 150 jaar gelede gehad.  Die skool is gestig uit noodsaaklikheid in geloof en hoop vir die toekoms.

 

Ons is trots op die rol wat ons voorgangers gespeel het in ons gemeenskap.  Wanneer ons terugkyk oor vyftien dekades van genade, is ons dankbaar vir die geduld en deursettingsvermoë van elke onderwyser, ouer en leerling wat hulle spore hier agtergelaat het.  Ons eer elkeen van u en is ten diepste bewus van die verantwoordelikheid wat op ons rus om u werk voort te sit.

 

Ons missie is dus om voort te bou op die rotsvaste fondamente van die verlede.  Om ‘n tuiste te skep waarin kinders van ons gemeenskap geborge kan ontwikkel en groei.  Ons dien ‘n gemeenskap met die kombinasie van uitstekende fasiliteite en ‘n passievolle onderwyser- en ouerkorps om sodoende geleenthede op die hoogste vlak vir al ons leerders te skep. My wens vir almal is dat ons nie op die storms rondom ons sal fokus nie, maar altyd op Jesus en op die piek waar ons hulp vandaan kom.

 

Mag Hoërskool Hoopstad van krag tot krag gaan en baie hoë hoogtes bereik.

Hoofseun en Hoofmeisie se boodskap 2025

Hoofseun & Meisie.JPG

Dit is met groot dankbaarheid en verwagting dat ons vandag hier bymekaarkom. Soos ons tema vir 2025 sê, draai alles om tyd. Tyd is verniet, maar dit is prysloos. Jy kan dit nie besit nie, maar jy kan dit gebruik. Jy kan dit nie hou nie, maar jy kan dit spandeer. En as jy dit verloor, kan jy dit nooit weer terugkry nie.
Hierdie jaar wil ons nie net tyd maak vir ons akademie en sport nie, maar ook vir mekaar en vir God. Soos die gesegde sê, die enigste ding meer kosbaar as jou tyd, is saam met wie jy jou tyd spandeer. Ons is regtig trots om te sê dat Hoërskool Hoopstad ons hoop, ons huis en ons hart is.
Soos Grand Master Oogway in Kung Fu Panda ons herinner: "Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today is a gift. That is why it is called the present."
Kom ons gebruik hierdie kosbare geskenk van tyd met wysheid. Laat ons elke dag so spandeer dat dit vir God 'n glimlag bring. Laat ons voluit gaan vir ons drome, al moet ons soos die skilpad stadig maar vasberade voortbeur. Elke tree vorentoe, hoe klein ook al, is 'n stap nader aan ons doelwitte.
Mag 2025 die jaar wees waar ons die geskenk van tyd omarm, nie net om ons kennis te vergroot nie, maar ook om 'n blywende verskil te maak in die harte van ander. Laat ons die woorde van Prediker 3:11 onthou: God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd.
Hoopies, ons tyd is nou. Kom ons Staan Pal in 2025 en gebruik ons tyd op 'n manier wat vir ons en vir God 'n glimlag gee. Mag die geskenk van tyd jou vlerke gee en jou lei na 'n toekoms vol onbeperkte moontlikhede.

bottom of page