top of page





Die 2025 gholfseisoen was eenvoudig fenomenaal. Ons seuns het weereens hul merk gemaak in die Sandveld streektoernooi, en vir die vierde agtereenvolgende jaar het Hoopstad as wenners weggestap. Dit was weereens ’n uitstaande jaar vir Hanru Dietrichsen. Hy het aan verskeie toernooie deelgeneem en in die meerderheid daarvan binne die top 10 geëindig. Verder het hy die groot eer gehad om die Vrystaat-span by die SA-toernooi in Gowrie te verteenwoordig. Hanru ontvang ook Volerekleure vir Gholf.
bottom of page