top of page






Louhan van Wyk het die afgelope seisoen ongelooflike prestasies behaal in hengel. Hy het aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem waar hy as Victor Ludorum gekroon is. Louhan is gekies vir die SA-span en het gedurende die Julie-vakansie na Namibië getoer, waar hy ’n algehele 4de plek behaal het in die Streek 5 Junior Toernooi by Hardapdam.
Louhan is aangewys as die o.13 Vrystaat Hengelaar van die Jaar en is tans nr. 1 van die o.13 afdeling in Suid-Afrika. Hy verteenwoordig Vrystaat by die Kampioen van Kampioene Toernooi en bewys keer op keer dat hy ’n ware kampioen is. Louhan ontvang ook Volerekleure vir Hengel.
bottom of page