top of page
WhatsApp Image 2025-09-28 at 12.58.12_dfc16a99.jpg
WhatsApp Image 2025-09-28 at 12.57.49_a4ec1a9c.jpg
WhatsApp Image 2025-09-28 at 13.42.00_13dc2ef8.jpg
WhatsApp Image 2025-09-10 at 09.37.01_c63a0613.jpg
WhatsApp Image 2025-09-28 at 13.30.32_e3c496ea.jpg
IMG-20250911-WA0037.jpg
IMG-20250911-WA0036.jpg
WhatsApp Image 2025-09-10 at 09.01.59_e79f153c.jpg

Ons ruiters presteer weereens puik in 2025. Tydens die SAIC 2025 voltooi Helené Muller die 120km rit en behaal ‘n eerste plek in die Junior kategorie en ‘n algehele derde plek van alle ruiters en kategorië. Ansuré Wolfaardt behaal ‘n agtste plek in die Junior katgeorie. Ansuré Wolfaardt, Alize le Roux, Stephan Lauwrens, Elbie le Roux, Helené Muller en Lize – Mé Coetzee kwalifiseer almal vir die Dauresmith uithourit. Helené word gekies vir die Vrystaatspan, Junior kategorie. Ansuré word gekies vir die ERASA-span, Junior kategorie waar sy ook algeheel tweede op die ranglys lê. Sy voltooi ongelukkig nie die rit nie. Alize word gekies vir die Vrystaatspan, Standaardgewig kategorie. By die laaste “vet check”, nadat sy reeds 206km voltooi het, val sy egter uit. Stephan Lauwrens, Elbie le Roux, Helené Muller en Lize – Mé Coetzee voltooi almal die uitmergelende 206km rit suksesvol. Helené eindig derde in die Junior kategorie en Lize – Mé eindig vyfde in die kinderruiter kategorie. Tydens die SANESA Endurance Nationals 2025 by Bona Bona het die Vrystaat A – span, waarvan Ansuré ‘n lid was, ‘n derde plek in die spankompetisie behaal. Ansuré het ook individueel negende geëindig. Lize – Mé Coetzee het die “Runner – up” Victrix Ludorum – toekenning vir 80km ontvang en ‘n tweede plek in die kinderafdeling behaal. 

Eloneé Bosch (vlak 1-5), Mieke Hugo (vlak 1-4) en Hanri Campher (vlak 1-5) is verkies tot die SANESA Vrystaatspan en verteenwoordig provinsiaal op SA’s. Eloneé Bosch het tydens die Oktober vakansie deelgeneem aan die “Performance Riding Level 5” en ontvang halferekleure.

bottom of page