





Gedurende die jaar is daar verskeie toernooie in Lejweleputswa distrik waaraan die kinders deelgeneem het. Jandre Cloete, Tinus Cornelissen, Jordan van Tonder, Stelio-, Stefanos- en Kiriakos Michalakis was gekies om aan die Spartan Bishop IRCC toernooi deel te neem. In Augustus het die Free State Close toernooi plaasgevind, waar hulle moes meeding om ‘n plek in die Vrystaatspan te kry, sodat hulle in Desember aan die Mizanzi SA's in Port Elizabeth kan deelneem. Die volgende leerders word gekies vir die Vrystaatspan:
Tinus Cornelissen en Stefanos Kiriakos word gekies vir die o.16 A – span, Jandre Cloete vir die o.16 B en Kiriakos- en Stelio Michalakis vir die o.18 B – span.
4 leerders ontvang Volerekleure en 2 leerders ontvang halferekleure.