




Prysskietspan bestaan uit 6 skuts vanjaar. Al 6 word genooi na die VS Semi – finale in Bloemfontein. Tydens die Semi – finale dring Henning Wagenaar (o.14) en Jessica Botha (o.16) deur na die VS finale. Tydens die VS finale word Henning en Jessica gekies vir die VS span, wat Oktober aan die Suid – Afrikaanse toernooi gaan deelneem. Henning behaal ook die volgende besonderse prestasies: Beste o.14 VS prysskiettelling, 2de meeste kolskote tydens die prysskiet en ook beste o.14 skut uit 5000 punte. Henning en Jessica het tydens die SA Kampioenskappe puik presteer. Henning maak geskiedenis deur sy uitsonderlike prestasie as wenner van die o.14 afdeling. Die o.14 Vrystaatspan eindig ook eerste in hul groep. Jessica ontvang volerekleure en Henning ontvang meriete erekleure.
Will Viljoen, Jano en Marco Coetsee verteenwoordig die Cheetah Skietklub. Hulle skiet in onderskeie ouderdomsgroepe van o.13 tot o.19. Jandré Breedt verteenwoordig die Diamanttak van Noordwes en vaar uitstekend. Hierdie leerders word genooi na die Nasionale Kompetisie in die Oktober vakansie. Philip Kotzé het ook tydens die Oktober vakansie geskiet en baie goed gevaar. Hy ontvang halferekleure. Will Viljoen, Jano en Marco Coetsee en Jandré Breedt ontvang volerekleure vir Jagtersvereniging skiet.




