top of page








Die 2025 tennisseisoen was werklik ’n hoogtepunt vir Hoërskool Hoopstad. Met ’n wenpersentasie van 87% het ons spanne hul uitstekende vaardighede, sportmanskap en deursettingsvermoë duidelik gewys. Sumienke Wolfaardt ontvang volerekleure vir tennis. Haar toewyding en harde werk het die vrugte gepluk, en sy dien as ’n inspirasie vir jong spelers in die skool.
Nadine Jacobs ontvang Erekleure nadat sy die Vrystaat skole tennisspan teen Noord-wes verteenwoordig het. 5 leerders ontvang Halferekleure deur vir die Lejweleputswa tennisspan te speel teen Oos-Vrystaat en Suid-Vrystaat. Frans van Zyl, Stefanos Michalakis, Stylianos Michalakis, Stephan Lauwrens, en Johandré Claassen ontvang Halferekleure.
bottom of page




